Products Page
Binnelands? U kan reeds die Grensoorlog DVD hier koop.
Would you like an English version of the Grensoorlog DVD?
Buitelands? Lees verder en koop die Grensoorlog DVD hier.
Grensoorlog DVD Vol 1 Afrikaans
Goedkoop en vinnige verskeping van die Grensoorlog DVD. Alle DVD’s £19 insluitende verskeping, ongeag waar u is.

Die eerste 13 episodes van die Grensoorlog DVD in Afrikaans.
Hierdie dokumentêre reeks is ‘n intense onthulling van ‘n geheime oorlog. In 26 episodes vertel dit die verhaal van een van Afrika se langste konflikte, wat van 1966 tot 1989 uitgespeel het in Noord-Namibië (toe Suidwes-Afrika), en Suid-Angola, die sogenaamde “Operasionele Gebied” of “Grens”.
Vir die eerste keer ooit word beeldmateriaal en foto’s ongesensor aangebied, wat die ware verhaal van Suid-Afrika se bosoorlog kaalkop vertel.
GRENSOORLOG neem die kyker op ‘n reis wat begin in die bloedige November van 1975 met onafhanklikheid in Angola, en voortstu tot die epiese botsing tussen Kubaanse en Suid-Afrikaanse troepe by Cuito Cuanavale in 1988.
Langs die pad word stemme gehoor wat te lank stilgemaak is: van gewone SAW- en Swapo-troepe tot generaals en politici aan albei kante, van Russiese tot Kubaanse tot Amerikaanse spelers. Die sprekers breek deur die stiltes en die sensuur en praat uit die hart uit. Alle taboes word uit die pad gevee. GRENSOORLOG lê ‘n bloedige magspel bloot, met al die ware lewensdrama wat daarmee saamgaan.
Artist(s): TV Series
MNET PRODUCTIONS (Kyknet)
Duur: 312 min
Zone: Alle
Ouderdoms beperking: 13
Aspek verhouding: 4:3
Dolby Digital 2.0 (Afrikaans)