// Cat test 2

Episode 5: MAGSPEL IN ANGOLA
By admin
[13 Dec 2009|No Comment]

Hoe beland ‘n man van die Kaapse vlakte in die Kubaanse weermag in Angola?
November 1975. Angola word onafhanklik. Burgeroorlog breek uit. Amerika, die Sowjet-Unie, Kuba en Suid-Afrika raak betrokke – veral vir lg twee die begin van ‘n uitgerekte stryd. Ons kry perspektiewe van genls. Jannie Geldenhuys en Constand Viljoen, Amerikaanse [...]

// Cat test 3

Episode 6: BRUG 14
By admin
[13 Dec 2009|No Comment]

‘n Onskuldige term soos “skoonmaak” spook vandag nog by sekere soldate. In hierdie episode bou ingenieurs ‘n brug onder hewige vuur, en honderde sterf naby Ebo, Angola.
Vir ‘n Google Earth kaart van die Brug 14 slagveld sien hierdie keyhole download. Dankie aan die Google Earth Community webwerf.
Program teks:
Episode 6: BRUG 14
Voorheen in Grensoorlog: [...]

// Cat test 4

Episode 7: ‘N GEWAAGDE REDDINGSPOGING
By admin
[13 Dec 2009|No Comment]

Die guerillabeweging FNLA kry bloedneus, en 26 Suid-Afrikaanse soldate raak gestrand by Ambrizete, baie ver van Namibië se grens en veiligheid. Die vloot tree toe tot die bosoorlog en gaan pik hulle op duisende kilometer noord van Kaapstad.

Image via Wikipedia

Program teks:
Episode 7: ‘N GEWAAGDE REDDINGSPOGING
Voorheen in Grensoorlog:
Constand Viljoen: … [...]

// Cat test 4

Episode 10: DIE GOUE UUR
By admin
[13 Dec 2009|No Comment]

‘n Lewendige bom word uit ‘n man se borskas gesny … die dokter vertel. In ‘n oorlog is kontak met die vyand onafwendbaar. Dit beteken gewondes. In 1979 word die SA Geneeskundige Dienste die vierde been van die weermag.
Program teks:
Episode 10: DIE GOUE UUR
Voorheen in Grensoorlog: [...]

// Cat test 4

Episode 13: ‘N SPOOR IN DIE SAND
By admin
[13 Dec 2009|No Comment]

Die veldvernuf van Swapokaders en Boesmansoldate word teenoor mekaar gestel. In die aanhoudende soeke na nuwe antwoorde op die uitdagings wat die oorlog in die bos aan die soldate stel, word honde ingespan teen landmyne en gesofistikeerde militêre voertuie ontwikkel. Langs die wetenskaplikes staan ‘n ander vermoë: die mense wat die veld lees [...]

// Cat test 5

Episode 8: ’76: DIE BEGIN VAN DIE EINDE
By admin
[13 Dec 2009|No Comment]

‘n Onverwagte onttrekking uit Angola, en die begin van weerstand aan die tuisfront. Die CIA verloor die stryd in die Amerikaanse Kongres en die geldkrane word toegedraai.
In Suid-Afrika weier iemand vir die eerste keer om diensplig te doen, na die land in 1976 binnelands ontplof.

Image via Wikipedia

Program teks:
Episode 8: ’76: [...]

// Cat test 5

Episode 11: CASSINGA
By admin
[13 Dec 2009|No Comment]

Een van die mees omstrede aanvalle in die 23 jaar van die Grensoorlog. ‘n Massamoord of teksboek millitere aanval? Ons hoor die verhaal uit die mond van mense van beide kante wat daar was. Onder andere Kolonel Jan Breytenbach.
Sien hierdie Google Earth keyhole download vir ‘n kaart van Cassinga.
Episode 11: CASSINGA
Voorheen in Grensoorlog: [...]

// Cat test 6

Episode 9: 32 BATALJON
By admin
[13 Dec 2009|No Comment]

Kontroversieel, gerespekteer, bewonder, gehaat … onder ‘n dekmantel van geheimhouding bly die verhaal van Jan Breytenbach se 32 Bataljon met sy buffelteken een van die uniekste in die geskiedenis van die oorlog.

// Cat test 6

Episode 12: Ons sal lewe ons sal sterwe
By admin
[13 Dec 2009|No Comment]

‘n Ma verloor ‘n seun. Een van soveel moeders, een van soveel seuns. Hy was ‘n parabat, wat die gesogte valskermvlerkies met diepe trots verower het. Ons hoor die verhaal by sy ma, en by die soldaat in wie se arms hy gesterf het.
Die episode is op die eerste Grensoorlog DVD [...]